SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue3Translating Romans: Some persistent headachesReflection on diaconal service in relation to Acts 6:1-7 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    COETZER, Wentzel C.. Pastorale begeleiding van kinders wat rou. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.3, pp.1-9. ISSN 2305-0853.  https://doi.org/10.4102/IDS.V49I3.188.

    In die literatuur word dikwels na kinders as die sogenaamde 'forgotten grievers' verwys. Wat pastorale berading betref is daar in die verlede tydens sterfgevalle in 'n gesin soms meer op die volwassenes as op die kinders gefokus. Verliese wat egter nie tydens die kinderjare verwerk word nie, het 'n impak op die res van so 'n persoon se lewe. In hierdie artikel word die belangrikheid van kinders as volle lede van die geloofsgemeenskap (ook wat hulle emosies betref) beklemtoon. Aspekte soos die sinvraag, die beskermende- en helende effek van spiritualiteit en geloof, asook die belangrikheid van 'n Skrifgedeelte soos Lukas 18:15-17 met betrekking tot kleiner kinders kom vervolgens aan die orde. Die belangrikheid van die integrering van spiritualiteit en kreatiewe, ekspressiewe tegnieke en strategieë word ook uitgelig. Voorbeelde van laasgenoemde tegnieke word vervolgens aan die orde gestel terwyl 'n aantal praktiese riglyne ten opsigte van geloofsaspekte ter begeleiding van die kind wat 'n verlies ervaar het, ook daarna aandag geniet.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )