SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    BUYS, P.J.  and  MUSWUBI, Aaron T.. Die ontsluiting van bybelse sleutelbeginsels vir die hantering van strydvrae oor liturgiese musiek vanuit 'n missio Dei perspektief - 'n basiese teoriese studie. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-13. ISSN 2305-0853.  https://doi.org/10.4102/ids.v49i1.1936.

    Hierdie artikel ondersoek bybelse sleutelbeginsels vir die hantering van strydvrae oor liturgiese sang en musiek vanuit Romeine 14:1-15:13 en die implikasies daarvan vir 'n missionale kerk. Die beginsels wat vanuit hierdie Skrifgedeelte ontsluit word, kan sinvol toegepas word op 'n verskeidenheid van sake wat nie-essensieel van aard is, maar waaroor daar oral en altyd skerp standpuntverskille in kerke voorkom. Dit sluit debatte oor musiek en sang in die erediens in. Die multikulturele konteks waarin kerke hulle bevind vra na duidelike beginsels wat as uitgangspunte in debatte oor liturgiese musiek kan dien. Die doel van hierdie artikel is nie net om baie tyd en energie wat dikwels aan sulke debatte bestee word, te verminder nie, maar ook om strydvrae om te keer in positiewe opbouende en verrykende ontmoetings, en die kerk se missionale getuienis oor eenheid en verskeidenheid te versterk.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )