SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    ALLISON, Dale C.. Die Joodse agtergrond van die Jakobusbrief. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-9. ISSN 2305-0853.  https://doi.org/10.4102/ids.v49i1.1897.

    Die Jakobusbrief is deur baie van die ouer kommentaarskrywers gesien as 'n selfverklarende geskrif aan die Jode van die diaspora - hetsy Christene of nie-Christene. Hoewel van die moderne navorsers heelhartig daarmee saamstem, bestaan daar heelwat twyfel oor hierdie siening. Dit maak egter sin ten opsigte van sekere belangrike beskrywings van die brief wat andersins onverklaarbaar sou wees soos die gebrek aan uitdruklike Christologie, die skynbare gebrek aan kenmerkende Christelike sentimente en die grondige Joodse oriëntering daarvan. Die skrywer was 'n Joodse Christen wat steeds gehoop het vir erkenning binne die Joodse sinagoge en versoenende verhoudings met diegene wat nie vir Jesus as die Messias erken het nie, verlang het. Dus was hy met voorbedagde rade baie stil oor baie dinge om apologetiese redes - 'n strategie wat duidelike parallelle met ander antieke Christelike literatuur toon.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )