SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    DE BRUYN, Joseph J.. Daniel Dragonslayer - Bel and the dragon, Verses 23-27 (OG/Th). In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-8. ISSN 2305-0853.  https://doi.org/10.4102/ids.v49i1.1848.

    In hierdie artikel word aspekte van narratiewe-kritiek, genre, redaksie-kritiek, die liggaam en ruimte op 'n unieke wyse gekombineer om 'n beliggaamde ruimteraamwerk te vorm. Hierdie beliggaamde ruimteraamwerk word gebruik om die tweede episode van 'Bel en die Draak', naamlik 'Daniel, die Draakjagter', te analiseer. Die artikel stel voor dat hierdie tweede episode van 'Bel en die Draak' in 'n resiproke verhouding met 'Bel en die Draak', sowel as met die boek Daniël gelees moet word. Indien die teks op hierdie voorgestelde wyse ontleed word, kom verskeie punte na vore. Eerstens word aangedui dat die kleiner episode deel van 'n groter gode-oorlog vorm. Tweedens, die skrywer/redakteur gebruik die kleiner episode as deel van 'n proses om 'n nuwe kosmologie te skep. Volgens hierdie nuwe kosmologie is die Joodse God 'n almagtige God, terwyl ander gode vals en nie ware lewende gode is nie. Op sy eie manier lewer die skrywer/redakteur 'n bydrae tot die ontwikkeling van die Jode se godsbeskouing tydens die diaspora.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )