SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    SAAIMAN, De Wet. Die koninkryk van God as 'n kontekstueel-paradigmatiese sleutel vir Skrifberoep in die etiek. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.2, pp.1-11. ISSN 2305-0853.  https://doi.org/10.4102/ids.v48i2.1759.

    In die lig van die Christelike etiek is 'n beroep op die Skrif 'n sine qua non waar standpunte oor etiese vraagstukke ingeneem word. Deur 'n beroep op die Skrif te doen, is die probleem ongelukkig nie sonder meer opgelos nie. Hierdie artikel toon aan dat die begrip koninkryk van God as tema as 'n hermeneutiese vertrekpunt kan dien in die soeke na antwoorde op etiese vraagstukke. Daar word aangedui dat die koninkryk van God 'n noodsaaklike tema is omdat sekere wetsbepalings en kontekstueel bepaalde beginsels en norme in die voortsetting van die gedagte van die koninkryk van God in die Ou en Nuwe Testament ingebed is. Daar is egter ook sekere voorskrifte binne die teokratiese bestel wat vir die volk Israel in hulle spesifieke konteks gegee is wat nie noodwendig direk in die hedendaagse samelewingskonteks kan en mag toegepas word nie. Die boodskap van die Skrif moet dus op 'n verantwoordelike en geldige wyse gekonstateer word en effektief aan die moderne samelewing oorgedra word.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )