SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue2An ecclesiological model for the ministry of reconciliation in a socio-political contextSalvation: From Pelagius to Joseph Smith author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    NEL, Marius. Die funksie van ruimte in Daniël 1. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.2, pp.01-07. ISSN 2305-0853.

    Daniël 1 vertel hoe Daniël en sy vriende uit Jerusalem as hofamptenare in Babilon aangestel word. Die narratief word beheers deur verskeie belangrike verwysings na ruimte. Die Joodse jongmanne se lojaliteit aan Jerusalem en hulle verbintenis met die Tempel en tempelkultus, word deur die lojaliteit wat aan die koninklike hof van hulle verwag word, getoets. Dit word deur die nuwe name wat aan hulle gegee is, gedemonstreer - name wat waarskynlik met Babiloniese gode se name verband hou. Hulle strategie om aan JHWH lojaal te bly, berus op hulle versoek om 'n spesifieke soort voedsel te gebruik. Afsonderlike voedsel in teenstelling met dié van die koning, skep die ruimte waarbinne die bepalende kontras tussen Jerusalem en Sinar gehandhaaf kan word. Die vertelling in Daniël 1 word bepaal deur verwysings na ruimte, wat die Joodse leser in staat stel om die betekenis daarvan te begryp.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )