SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    VENTER, Dirk J. Die vervulling van die wet se vereiste in Romeine 8:4. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.1, pp.01-07. ISSN 2305-0853.

    God bewerk die vervulling van die wet se vereiste (δικαίωµα) deur die bemiddeling van (die sending van) Christus. Dié wat 'in Christus' is, is die begunstigdes van die feit dat die vereiste van die wet vervul is, met die gevolg dat hulle nie meer aan die bepalinge van Tora as sodanig onderhewig is nie. Aangesien hulle 'in Christus' is, word dit egter voorsien dat hulle steeds sodanig sal leef dat dit ooreenstem met wat Tora in beginsel van hulle sou vereis indien hulle steeds daaraan onderhewig was, maar dat hulle dit nou vanweë die heerskappy en bekragtiging van die Gees uitleef. Gevolglik gee hulle lewens gestalte aan die uiteindelike (enkelvoudige) doel en vereiste (δικαίωµα) van Tora. Die vervulling van die wet se vereiste verwys nie na die vervulling van slegs die 'morele' vereistes nie, maar ook na dít wat dikwels op anachronistiese wyse as die 'seremoniële' wet afgesonder word. Uiteindelik het God, wat Tora oorspronklik daargestel het, die vervulling van die wet se bedoeling gerealiseer - iets wat vanweë die onvermoë van die wet ongerealiseerd gebly het in die epog voor die koms van Christus en die gawe van die Gees.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )