SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue1Principles for poverty alleviation among the youth in Northern UgandaHe is risen! A play based on Acts 1:1-12 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    MEIRING, C.F  and  VILJOEN, Francois P. Die Bergrede as 'n moontlike reaksie teen Paulus. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.1, pp.01-07. ISSN 2305-0853.

    'n Verskeidenheid navorsing is al oor die teologiese verband tussen Matteus en Paulus gedoen. Hierdie navorsing het uiteenlopende gevolgtrekkings opgelewer wat in drie groepe verdeel kan word. Sommige navorsers is van oordeel dat die Matteus-evangelie 'n anti-Pauliniese ondertoon bevat wat veral in die Bergrede waargeneem kan word. Hierdie polemiek word betrek by uitsprake oor die siening of interpretasie van die Tora. 'n Vergelyking tussen Matteus 5:17 en Paulus se siening oor die wet soos in die Romeine-brief (3:19; 6:14; 7:6; 8:2; 10:4; ens.), kan tot so 'n gevolgtrekking kom. Daarmee saam word die prominensie van Petrus in die Matteus-evangelie as bewysgrond gebruik dat Matteus teen Paulus reageer. Die oortuiging kan dus bestaan dat Matteus doelbewus met die skryf van hierdie Evangelie teen Paulus reageer, veral wanneer die insident in Antiogië in gedagte gehou word. 'n Tweede groep meen dat Matteus en Paulus teologies naby aan mekaar is, terwyl daar ook 'n derde groep is wat oordeel dat Matteus en Paulus wel van mekaar verskil, maar mekaar ook komplementeer. Met hierdie artikel word daar gepoog om meer duidelikheid oor die teologiese verhouding tussen Matteus en Paulus te verkry.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )