SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

YIU, Solomon  and  VORSTER, J.M. (Koos). Die doelwit van Christelike deugde-etiek: Van die ontologiese grondbeginsel en verbondsverhouding tot die koninkryk van God. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.1-9. ISSN 2305-0853.

Hierdie artikel ondersoek Christelike deugde-etiek en die doelwit van die hoogste menslike heil. Christelike deug is 'n realiteitsontologie wat veranker is in God se genade deur die versoening van Christus om sodoende die uiteindelike heil van die skepping te visualiseer. Die siening is gebaseer op die drieledige verdeling van geloof, hoop en liefde. Verder is dit gebaseer op Paul Tillich se ontologiese fokus op die prysenswaardige deug van liefde in verhouding en in eenheid met die deugde van mag en geregtigheid as die uiteindelike realiteit van die mens se bestaan. Christen-gelowiges moet die deugde wat hulle van God ontvang en waardeur hulle vernuwe word, versoen met die realiteit as nuwe wesens wat na die hoogste heil soek. Michael Horton se verbondsmodel wys dat die menslike konfrontasie met God nie net 'n ontmoeting is nie, maar ook die herkenning van 'n vreemdeling, 'n gans Andere, binne 'n verbond wat deur die genade van God gei'nisieer word. Daar bly 'n bewustheid van sy teenwoordigheid wat altyd immanent is. 'n Verbondsbenadering beskryf die goddelike 'teenwoordigheid' en 'afwesigheid' as eties en relasioneel tot die verkryging van die regte verstaan van God self. Die verbondsbenadering gee ook 'n begrip van hoe ons morele lewe tot God en ons medemens verbind is tot die finale heil wat uiteindelik die heil van die Koninkryk van God inhou. Die artikel sluit af met die toekomstige regering van God se immanente Koninkryk as die ware uiteinde van die mens en die eskatologiese verwesenliking van goedheid. Die klem van eskatologiese etiek le in die teosentriese toekomsgerigtheid van die Koninkryk - wat vir Christene die rigting na die doel van die uiteindelike ideaal aandui en wat die huidige bestaan van 'n Christen bepaal.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License