SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    BREED, Douw G.. Mēden diakrinomenos in Handelinge 10:20 as entscheidenden Wendepunkt-voorskrif van die Gees. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.1-9. ISSN 2305-0853.

    Daar word meestal aanvaar dat die woord διακρινόµενος in Handelinge 10:20 vir die betekenis 'huiwer/twyfel' gebruik word en dat Petrus volgens hierdie vers die opdrag kry om saam met Kornelius se mense te gaan 'sonder om te huiwer'. In hierdie artikel word egter aangetoon dat die woord διακρινόµενος in die vers vir die betekenis 'om onderskeid te tref' gebruik word en dat die Heilige Gees met die woorde µηδέν διακρινόµενος aan Petrus en die Christelike Kerk 'n entscheidenden Wendepunkt [belangrike keerpunt]-voorskrif gee. Dit is 'n voorskrif wat aandui dat 'n spesifieke bedeling tot 'n einde gekom het, naamlik die bedeling waarin Israel onderskeid ten opsigte van voedsel en van mense moes tref. Die voorskrif van die Gees µηδέν διακρινόµενος gee ook 'n aanduiding van 'n nuwe bedeling wat aangebreek het. In die nuwe bedeling hoef mense nie eers deel van Israel te word voordat hulle vir God aanvaarbaar is nie. Hierdie nuwe bedeling het God deur Jesus Christus en sy versoeningswerk laat aanbreek. In die nuwe bedeling is God nie meer net die God van Israel nie, maar is sy Gesalfde Here van almal en Regter oor alle mense van alle tye. In hierdie bedeling ontvang elke mens van alle volke wat in Jesus Christus glo, vergifnis in sy Naam en is almal wat in Hom glo, één.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )