SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    BREED, Gert. Metateoretiese vertrekpunte ten opsigte van wetenskaplike navorsing in kinder- en jeugbediening. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.273-283. ISSN 2305-0853.

    Hierdie artikel vorm deel van 'n navorsingsprojek oor die verrekening van die metateoretiese vertrekpunte in die wetenskap van die Praktiese Teologie. Die eerste fase van die reeks bied die teoretiese onderbou vir die werklikheids-, hermeneutiese en wetenskapsteoretiese beskouing van die vak. Die tweede fase fokus op die invloed wat hierdie vertrekpunte op die wetenskaplike navorsing van die verskillende vakgroepe in die Praktiese Teologie het. Hierdie artikel handel oor die wetenskaplike benaderingswyse tot die navorsingsveld van Kinder- en jeugbediening. In hierdie navorsingsartikel word die persoonlike metateoretiese perspektief waarmee die vakgebied van Kinder- en jeugbediening benader word, uitgespel en verantwoord ten opsigte van die werklikheidsbeskouing waarmee daar op die navorsingsveld van Kinder- en jeugbediening gefokus word; die onderbou van die hermeneutiese beskouing wat nodig is om tot 'n verstaan en 'n verantwoordbare verhouding te kom tussen die elemente wat in Kinderen jeugbediening ter sprake is; en ten slotte, om die wetenskapsteoretiese benadering te beskryf waarmee die navorsingsveld van Kinder- en jeugbediening op 'n wetenskaplikverantwoorde wyse ondersoek kan word.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )