SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1Preaching as reframing of perspectiveA model for content analysis of sermons on poverty and to the poor as listeners author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    VAN DER WALT, Barend J.. H.G. Stoker (1999-1993) as Christelike filosoof: 'n Historiese legende en ikoon, of nog steeds 'n kontemporêre mentor?. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.54-68. ISSN 2305-0853.

    'n Tradisie, wat 'n filosofiese tradisie insluit, kan alleen lewend bly as die verhaal daarvan aan die jonger geslag oorvertel word. Daarom bied hierdie inleidende en oorsigtelike artikel aan die leser iets oor die unieke filosofie van die Suid-Afrikaanse denker, Henk Stoker. Ter inleiding behandel dit die moontlike redes waarom sy denke in Suid-Afrika en elders vandag relatief onbekend is en minder invloedryk was in vergelyking met dié van die twee ander vaders van 'n reformatoriese filosofie, naamlik Dirk H.Th. Vollenhoven en veral Herman Dooyeweerd. Daarna word aandag geskenk aan die Suid-Afrikaanse milieu waarbinne sy filosofie gebore is. Die moontlike interne en eksterne teologiese en filosofiese invloede van veral Herman Bavinck (1854-1921) en Max Scheler (1874-1928) word behandel. Vervolgens word op enkele van Stoker se oorspronklikste bydraes tot die Christelik-filosofiese tradisie gewys. 'n Vlugtige blik word op die wedersydse kritiek tussen Stoker, Dooyeweerd en sekere leerlinge van Dooyeweerd gewerp. Ten slotte kan daar, in die lig van hierdie onderlinge verskille, sekere wanopvattings reggestel word, byvoorbeeld dat 'n Reformatoriese filosofie 'n statiese en geslote sisteem is.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )