SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 issue1Challenges of a wellness ministry to churchesThe eschatology of 1 Peter: Hope and vindication for visiting and resident strangers author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    SAAIMAN, De Wet. 'n Beoordeling van die Skrifberoep ten opsigte van die doodstraf. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.1, pp.1-8. ISSN 2305-0853.

    In die lig van die Christelike etiek is 'n beroep op die Skrif 'n sine qua non waar 'n standpunt in verband met 'n etiese vraagstuk ingeneem word. Met 'n beroep op die Skrif is die probleem ongelukkig nie sonder meer opgelos nie. Die verskillende vertolkings van die Skrif het tot gevolg dat etici met teenoorgestelde standpunte hul op dieselfde Skrifgedeeltes beroep. Dit is egter nie voldoende om slegs 'n goeie uiteensetting van vertrekpunte of selfs hermeneutiese reëls te gee nie. Die Christelike etikus moet 'n grondige kennis van die werklikheid hê - etiek word eenvoudig nie in 'n vakuum beoefen nie. In hierdie artikel is 'n beoordeling gedoen van die Skrifberoep ten opsigte van die doodstraf. In die artikel is aangetoon dat die Skrif ten spyte van goeie hermeneutiese vertrekpunte gemanipuleer kan word om die etikus se eie voorveronderstelling te weerspieël.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )