SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    DE BEER, E.J.. 'n Teologies-etiese beoordeling van aftrede. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.4, pp.803-823. ISSN 2305-0853.

    Alhoewel aftrede 'n redelike nuwe verskynsel op die arbeidsterrein is, is dit 'n verskynsel wat algemeen aanvaar word. Aftrede is alleen moontlik wanneer mense oud genoeg word om te kan aftree, en ook wanneer hulle genoegsame finansiële voorsiening gemaak het om te kan leef sonder om te werk. Die veroudering van bevolkings tesame met 'n tekort aan finansiële middele veroorsaak dat die huidige aftreepraktyk herevalueer word. In hierdie artikel word aftrede teologies-eties beoordeel met die doel om aan die verskillende rolspelers bybelse riglyne te bied oor hoe hulle ingesteldheid teenoor aftrede behoort te wees. Die historiese ontwikkeling van aftrede word eers ondersoek, waarna ondersoek ingestel word na die verskillende redes waarom mense aftree. Dit word gevolg deur 'n ondersoek na bybelse beginsels wat met werk en aftrede verband hou. Die belangrikste beginsel is dat God die mens as 'n altyd-werksame wese geskep het. Die redes waarom mense aftree, word in die lig van die vasgestelde beginsels beoordeel. Vanweë die gebrokenheid van die wêreld is daar talle redes waarom mense moet aftree. Die uitgangspunt behoort egter te wees dat 'n mens werksaam behoort te wees so lank as wat sy vermoëns dit toelaat.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )