SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    BREED, G.  and  DE KOCK, J.. Op pad na 'n volwasse gemeente -'n empiriese ondersoek met die oog op die ontwikkeling van 'n bedieningsmodel. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.4, pp.775-802. ISSN 2305-0853.

    Hierdie artikel beskryf 'n empiriese studie wat gedoen is in die Gereformeerde Kerk Randburg tydens Januarie 2009. Die doel van hierdie studie was die insameling van inligting, met die oog op die verbetering of verandering van die gemeente se bedieningsmodel ten opsigte van die bediening binne die gemeente. Die bediening van die gemeente na buite is nie in die ondersoek hanteer nie. Die uiteindelike doel is 'n gemeente wat mekaar bedien soos God dit in sy Woord voorskryf, en wat groei tot volwassenheid ter ere van sy Naam. Eerstens word die plek wat 'n empiriese ondersoek in die ontwikkeling van 'n bedieningsmodel van 'n gemeente behoort in te neem, bespreek. Daarna word die historiese aanloop tot die empiriese ondersoek binne die Gereformeerde Kerk Randburg beskryf. Dit sluit die bedieningsmodel in wat tot en met die ondersoek gevolg is, asook die mate van sukses wat daarmee behaal is. Hierna word die navorsingsmetodologie asook die resultate van die navorsing bespreek. Ten slotte word riglyne vir die ontwikkeling van 'n bedieningsmodel vanuit die resultate van die navorsing voorgehou.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )