SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 issue2-3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    DU RAND, J.A.. Hoe kan God dit toelaat? 'n Bibliologiese verryking van die teodiseevraagstuk uit 'n vergelyking tussen Openbaring en 4 Esra. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.2-3, pp.531-550. ISSN 2305-0853.

    By die verstaan en beskrywing van die verhouding tussen God en die mens, kom die prominente teodiseevraagstuk telkens na vore. Die hart van die problematiek is die eeue oue worsteling om as gelowige die goddelike voorsienigheid in verband te bring met menslike lyding en teenspoed. Op hierdie vraagstuk het filosowe en teoloë uiteenlopende kommentaar gelewer. Enkele kommentare word genoem. Goed en kwaad kan in 'n dualistiese, harmoniese, pluralistiese of teleologiese verhouding verstaan word. Volgens reformatoriese besinning setel die verstaan van teodisee eerder in die soteriologiese en eskatologiese. Dit word bevestig deur die Ou Testament, intertestamentêre geskrifte en die Nuwe Testament. Die doel van hierdie artikel is om ook die aandag op die apokriewe geskrif, 4 Esra te vestig. Volgens die ontvouing van die apokaliptiese narratief van 4 Esra kom verrassende insigte oor die teodiseevraagstuk na vore.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )