SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 issue2-3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    BREED, Douw G.. Ooreenstemmende leiding deur die GKSA se bedienaars van die Woord: 'n Ondersoek na die leiding van Petrus, Paulus en Jakobus by vier byeenkomste. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.2-3, pp.503-530. ISSN 2305-0853.

    Verskille tussen predikante in die GKSA in die leiding wat hulle uit die Woord gee, het die afgelope aantal jare sterk op die voorgrond getree. Dit is duidelik dat hierdie verskille onder dié wat as geroepenes voor moet loop, nie die welvaart van die kerk dien nie. In hierdie artikel word riglyne aan voorgangers -in casu vir predikante van die GKSA - aangedui om ooreenstemmende leiding te bewerkstellig. Hierdie riglyne word aangebied na die bestudering van die leiding wat Petrus, Paulus en Jakobus by vier byeenkomste gegee het waar die vraagstuk van die Christene uit die nie-Joodse nasies hanteer is. In die artikel word gekonsentreer op die onderlinge verhouding van die drie voorgangers met mekaar in die leiding wat hulle gegee het, asook moontlike riglyne wat dit vir hedendaagse voorgangers mag bied om ooreenstemmende leiding te bewerkstellig.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )