SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 issue2-3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    ROBERTS, J.H.. Het Filemon vandag nog iets vir ons te sê?. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.2-3, pp.481-502. ISSN 2305-0853.

    Hierdie artikel wil aantoon dat dit in Filemon ten diepste gaan om ortopraksis, by name die onderlinge gemeenskap van gelowiges in die kerk, met as onderbou die aspekte van onderlinge liefde en respek, gasvryheid en missionêre betrokkenheid. Die brief is uitsluitlik 'n menslike dokument. Dit handel oor die menslike vraagstuk van hoe 'n Christen sy ontloopte slaaf wat ondertussen ook 'n Christen geword het, behoort te behandel. Eienaar en slaaf het immers broers in Christus geword. Paulus rig daarom 'n versoek dat Filemon aan die slaaf, Onesimus, wat nou na sy baas teruggestuur word, dieselfde gasvryheid sal betoon as wat hy aan Paulus sou betoon indien dit hy was wat Filemon kom besoek het. Die versoek word gerig in die liggaam van die brief wat formeel as 'n antieke versoekskrif gekonsipieer is met die gepaardgaande formele eienskappe daarvan. Wat die betekenis van die brief vir die kerk in die moderne samelewing betref, is die uitdaging dat nie gepoog moet word om etiese kwessies deur 'n stryery oor die interpretasie van losstaande tekste op te los nie, maar dat eerder op die boodskap van 'n boek as 'n geheel gekonsentreer sal word. Dit geld ook vir elke ander Bybelboek.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )