SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 issue2A practical-theoretical perspective on the act of making ecclesiastical resolutions: Theory for praxisThe Holy Spirit and preaching in the service author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    VORSTER, J.M.. 'n Ekklesiologiese model vir die bediening van versoening in 'n sosio-politieke konteks. In Skriflig (Online) [online]. 2010, vol.44, n.2, pp.429-454. ISSN 2305-0853.

    Hierdie navorsingsartikel ondersoek, vanuit 'n gereformeerde perspektief, n moontlike ekklesiologiese model wat geskik is om sosio-politieke versoening in die Suid-Afrikaanse konteks te bevorder. Die uitgangspunt is dat gereformeerde teologie per definisie n publieke teologie is, omdat dit onder andere die reformasie van die samelewing in die oog het. Eerstens behandel die artikel die historiese bydrae van die ekklesiologiese model van Kuyper en die bydrae van die reformatoriese filosofie, by name die "Wysbegeerte van die wetsidee". Tweedens fokus die ondersoek op die bybelse konsep "koninkryk van God" en die implikasies daarvan vir die ekklesiologiese model. Met hierdie perspektiewe as uitgangspunt word tot die konklusie gekom dat die geïnstitueerde kerk as die "kragstasie" van die samelewing gesien moet word. Die kerk moet gelowiges toerus om sosio-politieke reformasie van die samelewing te bevorder. Die geïnstitueerde kerk moet ook self by sosio-politieke reformasie betrokke wees deur die prediking van die versoening en die sosio-politieke betekenis daarvan. As gemeenskap van gelowiges moet dit die voorbeeld van versoening wees deur die grense van rassisme, xenofobie, homofobie, seksisme en etnosentrisme te oorkom.

    Keywords : ekklesiologiese model, Koninkryk van God; Kuyper samelewingsleer, sosio-politieke versoening.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )