SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.43 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    VAN WYK, G.J.  and  VILJOEN, F.P.. Benaderings tot die interpretasie van die wonderverhale in Markus 8 - 10. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.4, pp.879-894. ISSN 2305-0853.

    Navorsing oor die wonderverhale met verwysing na Markus 8-10 en die rol daarvan in hierdie Evangelie word bespreek. Die mitologiese, godsdienshistoriese en vormhistoriese benaderings, 'n Bybels-teologiese benadering, die redaksiehistoriese, die sosiologiese, die literêrkritiese, die oorsigtelike benadering van Van der Loos en Brown, die Heilshistoriese en die Openbaringshistoriese benaderings word bespreek. Uit die verskillende benaderings blyk dat die koninkryk van God, 'n paradoksale Christologie sowel as dissipelskap 'n belangrike plek in die wonderwerke in die Markusevangelie inneem. Die wonderwerke vorm 'n inherente deel van die Evangelie en die bediening van Jesus. Hulle dien daartoe om die onderrig van Jesus te ondersteun.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )