SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.43 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    GERICKE, J.W.. Waarheidsteorieë in die filosofie en die logiese status van intra-Bybelse kontekstonomie. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.4, pp.777-792. ISSN 2305-0853.

    Die verhouding tussen die Ou en Nuwe Testamente word tradisioneel beskou as 'n fundamentele probleem in die Bybelse teologie. Vanuit 'n historiese perspektief blyk dit dat party Bybelse outeurs se waarheidsaansprake geregverdig word by wyse van kontekstomieë. 'n Goeie voorbeeld hiervan is die interpretasie van tekste uit die Psalms in die brief aan die Hebreërs. Gevolglik ontstaan 'n vraag na logiese status, met ander woorde, Is dit waar? Met hierdie artikel hoop die outeur om 'n bydra te lewer tot die voortgaande bespreking deur voor te stel dat, gegewe die magdom onversoenbare filosofiese teorieë oor die aard van waarheid, dit dalk nodig mag wees om in gesprekke oor die onderwerp meer genuanseerd met die waarheidsbegrip om te gaan. Op welke wyse die teks as "waar" beskou kan word, sal uiteindelik afhanklik wees van wat ons bedoel indien ons beweer of ontken dat iets in die eerste plek waar is.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )