SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.43 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    GILES, S.P.. Etiese besluitneming: Die leer van sonde en genade. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.2, pp.341-360. ISSN 2305-0853.

    Etiese besluitneming vooronderstel die besit van 'n vrye wil. Die kernvraag van die gereformeerde etiek behels die grense van sodanige vrye wil. Sowel die gereformeerde as die breër Christelike tradisies bevestig dat die wil nie in die Pelagiaanse sin van absolute vryheid vry is nie, maar dat dit bedwing word deur die mensdom se val van sy oorspronklike regskapenheid. Hierdie artikel ondersoek die aard en omvang waarin die wil as vry geag word en of die wil hoegenaamd nog vry is. Die vraag wat hier binne die gereformeerde teoreties-etiese raamwerk gestel word, is of die wil sodanig besmet is dat die besmetting die mens sy vermoë ontneem het om enige doelmatige keuse van optrede, of gebrek daaraan, uit te oefen; en of die gevalle mens nog steeds in 'n mate die vermoë beskik om 'n vrye keuse uit te oefen, selfs onder die voorwaardes van 'n beskadigde vryheid van die wil.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )