SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    VAN DER WALT, B.J.. Probleme rondom die Bybel in die gereformeerde teologie: Besinning vanuit 'n Christelike filosofie. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.4, pp.635-664. ISSN 2305-0853.

    Die aanleiding tot hierdie ondersoek is die huidige spanning in die gereformeerde teologie en kerke in Suid-Afrika. Ten spyte van die feit dat die gesag van die Bybel in die gereformeerde tradisie bely word, is teoloë en kerkleiers tans verdeeld oor hoe die Skrif verstaan en toegepas moet word. Hulle verskil oor hoe God se Woord in die geval van aktuele kwessies, soos byvoorbeeld die vrou in kerklike ampte, of homoseksualiteit toegepas behoort te word. Die skrywer van hierdie verkennning is van mening dat hierdie spanning binne dieselfde kerkgemeenskap veroorsaak word, nie alleen deur verskillende metodes van By-belinterpretasie nie, maar op 'n veel dieper vlak, ook deur verskillende Skrifbeskouings en lewensvisies. In 'n poging om hier-die probleme en die gevolglike botsende standpunte te hanteer, sal in plaas van die gangbare teologiese pogings, hier eerder 'n Christelik-filosofiese benadering gevolg word.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )