SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.86 issue1Learner pregnancy in secondary schools in South Africa: Have attitudes and perceptions of teachers changed?Illuminating perspectives for the pastorate from trauma research on traumatized children author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Koers

    On-line version ISSN 2304-8557Print version ISSN 0023-270X

    Abstract

    OLIVIER, Antoinette. "Dít is meer h ge-juggle met jou spiere": Insigte oor die begrip appoggio vanuit kwalitatiewe onderhoude met Werner Nel en sy voormalige studente Artikel 2. Koers (Online) [online]. 2021, vol.86, n.1, pp.1-16. ISSN 2304-8557.  https://doi.org/10.19108/KOERS.86.1.2518.

    Die vorige artikel in hierdie tweedelige bespreking van Werner Nel se pedagogiek as sangonderwyser het daarop gefokus om π agtergrond en oorsig van die bel canto sangtegniek te bied, spesifiek soos dit te make het met die begrip appoggio. Die eerste artikel het hoofsaaklik metodologiese kwessies van die huidige studie uiteengesit en en π oorsig van internasionaal-gepubliseerde literatuur oor bel canto en appoggio saamgevat. Hierdie tweede artikel lewer verslag oor en bespreek die kwalitatiewe onderhoude wat met Werner Nel en sy studente gevoer is oor bel canto en appoggio. Die bevindinge van hierdie studie dui daarop dat Nel se benadering tot appoggio (en die bedoelde asemhalingstegnieke vir esteties bevredigende klankproduksie) grootliks ooreengestem het met besprekings daarvan in die relevante vakliteratuur. Die artikel sluit af met enkele gedagtes rondom die sosiokulturele belang en betekenis van hierdie ooreenstemming tussen Nel se sangonderrigbeginsels, sy studente se metode van opera sing en die tersaaklike vakliteratuur

    Keywords : appoggio; asemhaling vir sang; bel canto sangtegniek; liggaamspostuur vir sang; Nel; Werner; sangonderrig.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )