SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.85 issue1A plea for the criminalisation of stigma against ex-offenders in South AfricaBuilding resilient communities in the midst of shame, guilt, fear, witchcraft, and HIV/AIDS author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Koers

    On-line version ISSN 2304-8557Print version ISSN 0023-270X

    Abstract

    VAN DER MERWE, Hettie  and  VAN DER MERWE, Alva. VIGS en ek: Die beskouinge van kinders in die ouderdoms-groep 10-12 wat met VIGS lewe, en hul verwagtinge vir volwassenheid. Koers (Online) [online]. 2020, vol.85, n.1, pp.1-13. ISSN 2304-8557.  https://doi.org/10.19108/koers.85.1.2467.

    Hierdie artikel ondersoek die begrip wat kinders wat met VIGS lewe van hul toestand het, asook hul fisiese en psigososiale uitdagings in die nastreef van hul ideale vir volwassenheid. n Analise van die onderhouddata, voorafgegaan deur teken-en-vertel, bevestig literatuurbevindings oor die belangrikheid van kommunikasie vir volledige bekendmaking. Hierdie bekendmaking moet gevolg word deur herhaalde besprekings van VlGS-verwante struikelblokke om medikasie en behandeling te rugsteun in die strewe na holistiese welstand vir kinders wat met VlGS lewe. Navorsingsbevindinge het kinders se beperkte kennis van hul VIGS-toestand belig, asook hul uitdagings met fisiese pyn (vanweë medikasie en behandeling) en psigososiale pyn (vanweë gesinsfragmentasie en stigma). Kinders het n intense behoefte aan respek vir hul menswees, en aan die reg om aktief deel te neem aan kommunikasie oor hul VIGS-status. Hul ideale vir die volwasse lewe is daarop gemik om diensbaar te wees vir hul medemens. Die bevindinge dra by tot diskoers oor die holistiese welstand van kinders wat met VlGS lewe.

    Keywords : fisiese uitdagings; gesinsfragmentasie; lewe met VIGS; psigososiale uitdagings; teken-en-vertel tegniek; volledige bekendmaking.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )