SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.82 issue1B.J. van der Walt's concentration problemProfessor Bennie van der Walt: A bridge between white Afrikaners and black Africans author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Koers

    On-line version ISSN 2304-8557Print version ISSN 0023-270X

    Abstract

    RAATH, A.W.G.. Gereformeerde piëtisme, Hieronymus van Alphen (17461803) en die hemelse versugting in Susanna Smit (1799-1863) se godsdienstige dagboeke. Koers (Online) [online]. 2017, vol.82, n.1, pp.1-14. ISSN 2304-8557.  https://doi.org/10.19108/koers.82.1.2289.

    Hieronymus van Alphen se stigtelike poësie sien die lig op n tydstip wat die Nederlandse piëtisme 'n hoogtepunt bereik. Van Alphen se poësie val in twee kategorieë uiteen: poëtiese verse en digsange. Saam met Pieter Leonard van de Kasteele, was Van Alphen verantwoordelik vir die Proeve van stichtelijke mengel-poesij wat in 1771 verskyn het. Dié bron het ook in die Kaapse geloofsgemeenskap neerslag gevind. Sy Proeve van liederen en gezangen (1802 [1801]) het eweneens groot effek in Nederlandse gereformeerde kringe en aan die Kaap gehad. Beide werke speel in die Voortrekkervrou Susanna Smit se geloofsprofiel 'n belangrike rol. Dit is egter veral die sug na die hemelse vereniging met Christus wat in dié verband by Susanna sterk na vore tree. In hierdie artikel word die neerslag van Van Alphen se piëtistiese poësie in Susanna se godsdienstige dagboeke en die effek daarvan op haar godsdienstige mentaliteitsprofiel ondersoek

    Keywords : Gedigte; Hieronymus van Alphen; mistiek; piëtisme; Susanna Smit.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )