SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.82 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Koers

    On-line version ISSN 2304-8557Print version ISSN 0023-270X

    Abstract

    VAN DER WALT, J. L.. Die neoliberalisme en opvoeding en onderwys: 'n reformatories-pedagogiese perspektief (deel 1). Koers (Online) [online]. 2017, vol.82, n.1, pp.1-11. ISSN 2304-8557.  https://doi.org/10.19108/koers.82.1.2275.

    Hierdie artikel is 'n verdere skakel in 'n reeks studies en publikasies uit die penne (rekenaars) van Suid-Afrikaanse reformatoriese opvoedkundiges wat verband hou met die sogenaamde -ismes wat hulle beskou het as bedreiginge vir die Christelike (Bybelse) siening oor opvoeding (insluitend onderwys in die sin van onderrig en leer). In hierdie deel van die artikel word eerstens 'n kort oorsig gegee oor hoe die reformatoriese opvoedkundiges tot dusver te werk gegaan het om die "-ismes" wat hulle beskou het as bedreigings vir, of as uitdagings aan die Christelike opvoeding en onderwys, aan die kaak te stel. Dit word gevolg deur 'n poging om die begrip "neoliberalisme" te omskryf en te stel wat dit breedweg impliseer, veral in 'n opvoedkundige konteks. Hierdie deel van die artikel berei die weg voor vir 'n kritiese ontleding van neoliberalisme as 'n "opvoedingsfilosofie" en van sy transendentale voorwaardes in die tweede deel van die artikel.

    Keywords : Kernbegrippe; liberalisme; neoliberalisme; opvoeding; onderwys; Christelike opvoeding en onderwys; onderrig en leer; filosofiese uitgangspunte; transendentale grondslae.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )