SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.80 issue2A neglected facet of the legacy of D.F. Malherbe: Art - independent and dependentThe role of God in the father/son relationship during identity formation - a Gestalt theoretical perspective author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Koers

    On-line version ISSN 2304-8557Print version ISSN 0023-270X

    Abstract

    FERREIRA, C  and  SCHULZE, S. Facilitating spiritual intelligence in South African secondary school learners. Koers (Online) [online]. 2015, vol.80, n.2, pp.1-8. ISSN 2304-8557.

    Hierdie artikel is gemotiveer uit kommer oor die uitdagings van 'n spirituele aard en binne die konteks van morele verval, waarvoor sekondêreskool-leerders in Suid-Afrika te staan kom. Die doel was dus om onderrigstrategieë te ontwikkel wat veral Lewensoriëntering-onderwysers kan gebruik om spirituele intelligensie in leerders te fasiliteer, met in agneming van godsdienstige en kulturele diversiteit. Met dié doel voor oë is 'n program om spirituele intelligensie te ontwikkel uit die literatuur ontwerp en geïmplementeer binne die raamwerk van sosio-konstruktivisme. Doelbewuste steekproefneming is gebruik om tien Graad 11-leerders in 'n sekondêre skool in Pretoria te selekteer. Die program is met die leerders geïmplementeer in sewe kontaksessies oor 'n periode van drie maande. Om die program te evalueer het die studie 'n kwalitatiewe gevallestudie-ontwerp gebruik. Kontinue evaluering is gedurende hierdie tyd gedoen deur middel van aktiwiteite wat leerder-refleksie stimuleer, asook informele onderhoude, fokusgroepe, semi-gestruktureerde onderhoude, observasie en 'n joernaal met navorser-refleksies. Die bevindinge van hierdie eksploratiewe studie toon aan dat sekere inhoude en opvoedkundige stragtegieë spirituele intelligensie van sekondêreskool-leerders kan fasiliteer.

    Keywords : Spirituele intelligensie; sekondêreskool; opvoedkundige strategieë; sosio-konstruktiwisme.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )