SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.79 issue2Do values contain directional-normative value? A review of the value project of the North-West University author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

NAIDOO, Marilyn. Die potensiaal van spirituele leierskap in werkplek-spiritualiteit. Koers (Online) [online]. 2014, vol.79, n.2, pp.01-08. ISSN 2304-8557.

Ons lewe in die oorgangsperiode tussen 'n tradisionele verstaan van werk as oorlewing en 'n nuwe verstaan van arbeid as 'n bron vir lewensvoorsiening. 'n Nuwe bewuswording van die waarde van spiritualiteit kan bydra tot die innovering en kreatiewe kapasiteit van 'menslike kapitaal' en toenemende outentisiteit in kommunikasie - dit hou ook potensiaal in om etiese en morele gedrag te bevorder. Derhalwe behoort organisasies in hulle strewe na groter toewyding van werkers ontvanklik te wees vir die akkommodering van dimensies soos die siel en gees wat tradisioneel in 'n kantooropset afgeskeep is. Spiritualiteit in die werkplek hou potensiaal vir leierskapontwikkeling in, aangesien dit werkers en leiers in staat stel om volgens persoonlike oortuigings, integriteit, waardes en etiese praktyke te handel. Spirituele leierskap put vanuit die fundamentele behoeftes van beide leier en volgeling vir spirituele oorlewing, sodat hulle organisatories meer toegewyd en produktief kan wees. Hierdie artikel fokus op die potensiaal van spirituele leierskap vir die transformasie en sukses van 'n organisasie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License