SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.79 issue1Reflecting on our past: Reconciling a divided nation through listening author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Koers

    On-line version ISSN 2304-8557Print version ISSN 0023-270X

    Abstract

    SCHULZE, Salomé. Die vind van die akademiese self: Die identiteitsontwikkeling van akademici as doktorale studente. Koers (Online) [online]. 2014, vol.79, n.1, pp.1-8. ISSN 2304-8557.

    Internasionaal en in Suid-Afrika is daar baie druk op akademici om doktorale kwalifikasies te verwerf. 'n Doktorsgraad help om volle lidmaatskap van die akademiese gemeenskap te fasiliteer en akademiese identiteit te ontwikkel. Hierdie artikel ondersoek dus die identiteitsontwikkeling van akademici wat vir 'n paar jaar vir hul doktorsgrade geregistreer was. Die artikel is geskryf vanuit 'n postmodernistiese perspektief. Gesitueerde leerteorie en simboliese interaksionisme is gebruik as konseptuele raamwerk. 'n Narratiewe navorsingsbenadering is gevolg. Agt onderhoude is gevoer en daarna is drie onderhoude geselekteer vir verdere navorsing met die deelnemers. Die bevindings het drie hooftemas opgelewer met implikasies vir universiteite en nagraadse supervisie. Die temas is: (1) sosialisering in die taal en waardes van 'n stabiele dissiplinêre gemeenskap van praktiseerders; (2) interne-eksterne dialektiese identifikasie (self-definisie en definisie van die self deur ander) om betekenis te vind en selfagting te bou, en (3) rol-aanname en rolkonflik.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )