SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.78 issue3Leadership and powerCultural pathways and pitfalls in South Africa: A reflection on moral agency and leadership from a Christian perspective author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Koers

    On-line version ISSN 2304-8557Print version ISSN 0023-270X

    Abstract

    SINGH, Gunam D.  and  STEYN, Gertruida M.. Strategieë om leerderaggressie in landelike Suid-Afrikaanse sekondêre skole aan te spreek. Koers (Online) [online]. 2013, vol.78, n.3, pp.1-8. ISSN 2304-8557.

    Die hantering van leerderaggressie in die skoolstelsel is deurslaggewend vir leerders se akademiese prestasie en holistiese ontwikkeling. Om leerderaggressie te bestuur is dit belangrik om die bydraende faktore en die vorme van leerderaggressie te verstaan. Hierdie artikel rapporteer oor die bevindings van 'n ondersoek waar gefokus is op faktore wat tot leerderaggressie in landelike sekondêre skole in die Empangeni-distrik van KwaZulu-Natal bydra. Die doel daarvan was om vorme van leerderaggressie te identifiseer sodat geskikte strategieë ontwerp kan word om leerderaggressie die hoof te bied. 'n Kwalitatiewe navorsingsontwerp het die onderhoudproses in vyf landelike sekondêre skole gelei. Daar is bevind dat gesins-, omgewings- en skoolfaktore die algemeenste oorsake vir leerderaggressie vorm. Voorts is verbale aggressie, fisiese aggressie en afknouery as die algemeenste vorme van leerderaggressie geïdentifiseer. Die artikel sluit af met die rol wat die skool, ouers en Departement van Onderwys kan speel om leerderaggressie te beperk.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )