SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.78 issue2The role of God in the father/son relationship during identity formation - a Gestalt theoretical perspectiveMentoring to develop research self-efficacy, with particular reference to previously disadvantaged individuals author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Koers

    On-line version ISSN 2304-8557Print version ISSN 0023-270X

    Abstract

    LOUBSER, Ananka. 'n Ontologiese verkenning van verandering en konstantheid. Koers (Online) [online]. 2013, vol.78, n.2, pp.1-8. ISSN 2304-8557.  https://doi.org/10.4102/koers.v78i2.2108.

    Die geskiedenis van filosofie vertoon 'n verskeidenheid van standpunte aangaande die ontologiese voorrang van óf verandering óf konstantheid. Sommige beskouings aanvaar verandering as fundamenteel, tot die punt waar konstantheid ontken word (bv. Heraklitus). Ander beskouings aanvaar konstantheid as so belangrik, dat verandering ondenkbaar word (bv. Parmenides). Die oënskynlike dialektiese spanning tussen die verskillende konsepsies vereis 'n ontologiese uitklaring van die kwessies. Hierdie studie illustreer en evalueer die verhouding tussen verandering en konstantheid in die standpunte van verskeie wetenskapsfilosowe deur die geskiedenis. Dit word gedoen deur 'n reformatoriese insig aan te neem, naamlik dat verandering en konstantheid in 'n kohesie bestaan. Die studie vind dat die verhouding tussen verandering en konstantheid nie dialekties is nie, maar eerder een van integrasie, gesetel in onreduseerbare primitiewe domeine (modaliteite). Die doel van die artikel is tweeledig (1) om te toon dat verandering en konstantheid nie tot mekaar gereduseer kan word nie, maar in 'n verhouding van koherensie bestaan en (2) om 'n sistematiese uitklaring van raamwerkverandering, in terme van die verhouding tussen verandering en konstantheid op die ontologiese vlak, by te dra.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )