SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.78 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Koers

    On-line version ISSN 2304-8557Print version ISSN 0023-270X

    Abstract

    DE WIT, Martinus P. Christosentriese etiese gedrag en ekologiese krisis: Watter hulpbronne bied die konsepte van orde in die skepping en eskatologiese hoop?. Koers (Online) [online]. 2013, vol.78, n.1, pp.00-00. ISSN 2304-8557.

    Die ekologiese krisis, asook 'n beperkte etiese antwoord hierop, dwing 'n besinning oor die vernuwende potensiaal van Christelike etiek vir 'n afgodiese samelewing wat grootliks gevorm is deur 'n dominante ekonomiese kultuur. Die doel van hierdie artikel was om te ondersoek hoe die konsepte van orde in die skepping en eskatologiese hoop nuttig kan wees in die verstaan en die formulering van 'n Christus-gesentreerde etiese antwoord op die ekologiese krisis. 'n Oorsig van die relevante literatuur, beperk tot insigte uit die Reformatoriese filosofie en ekoteologie oor die konsepte van orde in die skepping en eskatologie, is aangebied. Die belangrikste interne spanningsvelde in die gebruik van die konsepte skeppingsorde en eskatologiese hoop in 'n Christus-gesentreerde eko-etiek is uitgelig en bespreek. Sekere implikasies vir die verdere verduideliking en die ontwikkeling van 'n Christus-gesentreerde eko-etiek is beskryf.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )