SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.77 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Koers

    On-line version ISSN 2304-8557Print version ISSN 0023-270X

    Abstract

    VAN AS, Alta. Sing vir jou aandete: Personeel sing vir transformasie en spanbou in 'n Suid-Afrikaanse bank. Koers (Online) [online]. 2012, vol.77, n.1, pp.1-8. ISSN 2304-8557.

    Transformasie behels betekenisvolle verandering. In Suid-Afrika (soos toenemend ook die geval is in Europa en elders) is sodanige verandering afhanklik van die interaksie en kommunikasie tussen landgenote van verskillende kulture, tale en rasse. Terwyl die onvermoë om mekaar se tale te praat ware interaksie en kommunikasie kan inhibeer, bied koorsang unieke geleenthede vir gesamentlike kommunikasie-ervarings. Dr Steve Booysen, destyds Groep Uitvoerende Hoof van die Absagroep, het in 2005 'n interne koorfees ingestel om te dien as platform vir sosiale interaksie en spanbou vir personeel van alle kultuurgroepe, ouderdomme en posvlakke in die bankgroep. Booysen se visie was dat hierdie koorprojek sou dien as 'n middel tot morele ondersteuning gedurende die Absa-Barclays-samesmelting. Hierdie artikel fokus op die resultate van 'n doktorale studie wat die nie-musikale voordele van koorsang, soos transformasie en spanbou, ondersoek. Die Absa-koorprojek kan gesien word as 'n mikrokosmos van 'n groter, multikulturele, veeltalige makrokosmos. Die voordele wat die samesang in die koorprojek teweeg gebring het, mag belofte inhou vir die bou van eenheid in diversiteit in Suid-Afrika.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )