SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.76 issue3Institutional identity: A possible solution to the religion in/and education quandaryThe informatisation of our image of the human being author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Koers

    On-line version ISSN 2304-8557Print version ISSN 0023-270X

    Abstract

    VAN DER WALT, B.J.. 'n Uitwysing van filosofiese landmyne by die Sinode van Dordt (1618-1619): Gereformeerde Skolastiek heroorweeg. Koers (Online) [online]. 2011, vol.76, n.3, pp.505-538. ISSN 2304-8557.

    Hierdie artikel ondersoek die fenomeen van die gereformeerde Skolastiek (van ongeveer 1550-1700) soos dit ook na vore gekom het tydens die Sinode van Dordt (1618-1619) en in die Dordtse Leerreëls. Dit fokus meer spesifiek op die sentrale probleem by die Sinode, naamlik die verhouding tussen God en mens soos dit tot uitdrukking kom in die Sinode se Leerreëls oor goddelike verkiesing en verwerping. Ter illustrasie word die standpunte van twee van die leidende figure in die stryd tussen die Calviniste en die Remonstrante, naamlik dié van Gomarus (1563-1641) en Arminius (1560-1609), filosofies geanaliseer. Hoewel die Sinode uiteindelik nie een van hierdie twee teoloë se standpunte aanvaar het nie, reflekteer hulle teologieë die skolastieke filosofie van destyds. Hierdie analise word gedoen volgens die probleem-historiese metode soos ontwikkel deur D.H. Th. Vollenhoven (1892-1978), een van die vaders van 'n Christelike filosofie. Hierdie artikel (in 'n reeks van ander navorsingsartikels, vgl. 1.2.6 en die bibliografie) bied die outeur se finale evaluering van die Sinode en sy Leerreëls.

    Keywords : Arminius, J. (1560-1609); Christelike filosofie; gereformeerde Skolastiek/Ortodoksie; God-mens verhouding; Gomarus, F. (1563-1641); Sinode/Leerreëls van Dordt; Vollenhoven, D.H. Th. (1892-1978).

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )