SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.75 issue3Cultural pathways and pitfalls in South Africa: A reflection on moral agency and leadership from a Christian perspectiveDialogical inquiry as an instrument of the reconciliation of conflict in the hands of Christian leaders author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Koers

    On-line version ISSN 2304-8557Print version ISSN 0023-270X

    Abstract

    HORNSTRA-FUCHS, F.A.S.  and  HORNSTRA, W.L.. Vroulike leiers in 'n internasionale evangeliese sendingorganisasie: 'n empiriese ondersoek in Youth With A Mission in Duitsland. Koers (Online) [online]. 2010, vol.75, n.3, pp.589-611. ISSN 2304-8557.

    Evangeliese Christene word dikwels gesien as konserwatief, byvoorbeeld met betrekking tot hulle perspektief op vroue in die bediening. Daar bestaan inderdaad 'n breed aanvaarde hiërargiese en komplimentêre evangeliese teologiese perspektief wat probleme het met vroue se leierskap in die kerk. Daar is egter ook 'n groeiende egalitêre teenposisie wat die leierskap van vroue ondersteun. Hierdie artikel fokus op die internasionale sendingorganisasie Youth With A Mission (YWAM), wat die beginsel van vroue in leierskapsposisies duidelik in formele uitsprake ondersteun. In YWAM Duitsland is vroue onderverteenwoordig in leiersposisies. Hierdie artikel poog om hierdie onderverteenwoordiging te verduidelik, veral met betrekking tot die rol wat die Bybel speel. Deur middel van onderhoude met leiers in YWAM Duitsland word na moontlike antwoorde gesoek. Verrassend genoeg blyk dit dat die interpretasie van die Bybel nie 'n deurslaggewende rol hierin speel nie. Faktore wat 'n rol speel is eerder kerklike agtergrond, 'n gebrek aan vroulike rolmodelle, minder selfvertroue by vroue, verantwoordelikhede in die gesin en die rol van bestaande leiers. Laasgenoemde blyk die mees deurslaggewende faktor te wees, omdat die leiers wat nuwe leiers selekteer en aanstel tans meestal mans is. Dit is waarskynlik dat hulle hierin beïnvloed word deur 'n stereotipiese beeld van leierskap en voorkeur gee aan manlike leiers.

    Keywords : evangeliese Christene vroue; onderverteenwoordiging in leiersposisies; Youth With A Mission; Duitsland.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )