Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Koers
On-line version ISSN 2304-8557Print version ISSN 0023-270X
Abstract
AYEE, E.S.A.. Besinning oor ons verlede: Versoening van 'n verdeelde nasie deur te luister. Koers (Online) [online]. 2010, vol.75, n.1, pp.15-32. ISSN 2304-8557.
Die wonderwerk van 'n relatief vreedsame oorgang vanaf apartheid tot 'n nie-rassige demokratiese regering in Suid-Afrika het politieke waarnemers en kenners verstom. Na dekades van dehumaniserende wette wat gelei het tot geweldige rassekonflik en die dood van baie mense, is die geboorte van 'n nuwe bedeling waargeneem. Hierdie artikel bied 'n kort oorsig oor Suid-Afrika se tragiese geskiedenis, die uitdagings wat die land tans in die gesig staar ten opsigte van die volhoubare en vreedsame naasbestaan van die verskillende rassegroepe, sowel as die rol wat luister speel, asook die voortgesette rol wat dit behoort te speel in die proses van nasionale rekonsiliasie.
Keywords : apartheid; luister; versoening; Waarheids- en Versoeningskommissie.












