SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Koers

    On-line version ISSN 2304-8557Print version ISSN 0023-270X

    Abstract

    RAATH, A.. Moreel-juridiese oorwegings van die reg op die waardigheid van die huwelik en die "kweekhuis van die menslike samelewing": 'n interpretasie van Luther se standpunte oor huweliksregte en welwillende liefde. Koers (Online) [online]. 2008, vol.73, n.3, pp.411-443. ISSN 2304-8557.

    Met die aanvang van die Reformasie het die huweliksinstelling, met besondere verwysing na die huwelike van priesters en die verval van die huwelikslewe in Duitsland, 'n kontensieuse aangeleentheid geblyk te wees in die voortgaande diskoers tussen Luther en sy student Melanchthon aan die een kant en die pouslike owerhede aan die ander kant. Alhoewel Luther die basiese definisie van die huwelik volgens die klassiek-Romeinse juriste onderskryf het, het hy die "de facto" huwelikseenheid in n wyer perspektief van moreel-juridiese reg ingebed, synde die basis van die huweliksgenote se verpligtings en regte in die huwelik. Dus het die onderskeid tussen "de facto"- en "de jure"-huwelikseenheid Luther en Melanchthon in staat gestel om 'n wyernatuurreg-geïnspireerde perspektief op die waardigheid van die huwelik te ontwikkel as wat tot op daardie stadium die geval was. In hierdie artikel word die oorsprong, inhoud en enkele implikasies van Luther se reformatoriese perspektiewe op die waardigheid van die huwelik ondersoek.

    Keywords : huwelik; huweliksregte; Luther, M..

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )