SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

KOURIE, C.  and  RUTHENBERG, T.J.. Hedendaagse Christelike spiritualiteit: 'n vergestalting in die wêreld. Koers (Online) [online]. 2008, vol.73, n.2, pp.303-322. ISSN 2304-8557.

Die huidige oplewing in spiritualiteit het 'n nis vir materialisme en fisiese vergestalting geskep. Hierdie beliggaming dui op 'n herlewing in spiritualiteit as 'n deurleefde ervaring en ook in die besonder, as 'n kontemporêre akademiese dissipline. Die invloedryke oorspronge van 'n beliggaamde spiritualiteit word gevind in spiritualiteit se refleksiewe selfbegrip, in die ryk bronne van die Christelike tradisie, die groeiende belangstelling in deurleefde Christelike ervaring en die versoeningsgees en stukrag van Vatikaan II. Die oplewing in spiritualiteit akkommodeer en bevestig nie net vergestalting en wêreldse materialisme nie, dit bevestig ook 'n heelheid en integrasie vir Christelike spiritualiteit. Terwyl dit algemeen aanvaarbaarvoorkom om die Christelike spiritualiteit se vergestalte, geïnkarneerde realiteit te verdedig, is dit duidelik dat Christelike spiritualiteit nie altyd só verstaan is nie. Dit het soms selfs 'n verkleinerende konnotasie gehad as iets wesenlik afsydigs, afgetrokke en gevolglik dualisties. Die "nuwe" spiritualiteit besit op sigself en in sy oorgelewerde tradisie, die potensiaal om so 'n ontliggaaming te kritiseer terwyl dit terselfdertyd die mistieke en voortreflike dimensie van die vergestalte Christelike lewe verseker.

Keywords : deurleefde ervaring; spiritualiteit; vergestalting.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License