SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    De Jure Law Journal

    On-line version ISSN 2225-7160Print version ISSN 1466-3597

    Abstract

    HARMSE, Lana  and  VAN DER ZWAN, Pieter. Alternatiewe vir die hantering van oordragprysaansuiwerings in Suid-Afrika. De Jure (Pretoria) [online]. 2016, vol.49, n.2, pp.288-306. ISSN 2225-7160.  https://doi.org/10.17159/2225-7160/2016/v49n2a6.

    Die Inkomstebelastingwet maak tans voorsiening vir 'n geagte dividend as sekundêre aanpassing wanneer 'n maatskappy 'n oordragsprysaan-suiwering ingevolge artikel 31 maak. Gegewe die feit dat hierdie bepaling drie keer in die afgelope vier jaar gewysig is, ondersoek hierdie artikel die bepaling om vas te stel of dit konseptueel suiwer is of bloot 'n praktiese maatreël wat in die toekoms verdere wysigings sal noodsaak. Die konseptuele ontleding is gebaseer op die karaktereienskappe van die alternatiewe transaksies waarop sekondêre aanpassings gebaseer word, die vereistes van verbondenheid van persone asook nie-belasting motiewe wat oordragsprysing beïnvloed. Uit die ontleding blyk dit dat die hantering van sekondêre aanpassings normaalweg wel konseptueel suiwer is, behalwe in die geval waar 'n Suid-Afrikaanse beherende maatskappy 'n oordragsprysaanpassing maak wat voortspruit uit 'n transaksie met 'n beheerde maatskappy. Daar word aangevoer dat die moontlikheid van 'n dubbele dividendbelastingimplikasie 'n uitsondering op die sekondêre aanpassing reël vir maatskappye kan regverdig.

            · text in English     · English ( pdf )