SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    De Jure Law Journal

    On-line version ISSN 2225-7160Print version ISSN 1466-3597

    Abstract

    VAN VOLLENHOVEN, Willem J  and  ELS, Christo J. Die Menseregte-paradoks van Lesbiese, Gay, Biseksuele en Transgeslagtelike Studente in die Suid-Afrikaanse Onderwys. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.1, pp.263-284. ISSN 2225-7160.

    Onlangse navorsing toon duidelik aan dat benewens geslag, seksuele oriëntasie waarskynlik die volgende sleuteleienskap is wat bepaal wie ons as mense is. Seksuele oriëntasie is een van die belangrike aspekte wat 'n persoon se identiteit, persona, selfbeeld, samehorigheid, gelykheid en waardigheid bepaal. Wanopvattings en vooroordele lei dikwels tot emosionele, sielkundige en woordelikse diskriminasie of viktimisasie, en kan selfs tot fisiese geweld teen lesbiese, gay, biseksuele en transgeslagtelike (LGBT) student lei. Hierdie artikel ondersoek eerstens historiese voorbeelde van menseregteskendings teen LGBT-mense in Suid-Afrika, sowel as voorbeelde van teenswoordige menseregteskendings teen LGBT-mense, ten spyte van duidelike rondwetlike bepalings in hierdie verband. Ten einde die onderliggende faktore wat sulke skendings meebring te verstaan, word sosiale wanopvattings aangaande LGBT-mense ondersoek, gevolg deur 'n bespreking van wat biologiese navorsing aangaande LGBT-oriëntasie aan die lig gebring het. Die Menseregtekommissie berig dat fisiese en sielkundige misbruik van LGBT-studente is menseregteskendings wat dikwels in die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel voorkom. Die artikel voer aan dat stilswye, wanopvattings, miskenning sosiale vooroordele aangaande seksuele oriëntasie 'n "verskuilde kurrikulum" skep wat LGBT-studente se reg op waardigheid en gelykheid skend, en 'n paradoks meebring met die grondwetlike waardes wat Suid-Afrika se demokratiese bestel onderlê.

            · text in English     · English ( pdf )