SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.34 issue4Comparison of life cycle assessment tools in cement productionAligning industrial engineering education with industry through atomic curriculum manipulation author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    South African Journal of Industrial Engineering

    On-line version ISSN 2224-7890

    Abstract

    MASHEANE, L.; DU PREEZ, W.  and  COMBRINCK, J.. Implementation of a digital twinning approach to improve designs of polyurethane heart valves. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2023, vol.34, n.4, pp.104-115. ISSN 2224-7890.  https://doi.org/10.7166/34-4-2982.

    Jong pasiënte in sub-Sahara Afrika en die ontwikkelende wêreld met rumatiese hartklepsiektes benodig dringend bekostigbare prostetiese kleppe. Om bekostigbare poliuretaan-hartkleppe te ontwerp, hemodinamiese gedrag te begryp, prototipe-ontwikkeling te bespoedig en die behoefte aan kliniese toetsing vir funksionele evaluering te beperk, is die implementering van 'n digitale tweeling van eksperimentele toetsing noodsaaklik. Die gebruik van berekeningsvloeistofdinamika (CFD) en eindige-elementanalise (FEA) om hartklepvervangingsontwerpe vinnig te verbeter, ten einde te voldoen aan die minimum vereistes van FDA en ISO regulasies en spesifikasies, vorm die kern van hierdie studie. Hierdie benadering word aangebied, en die resultate word bespreek. 'n Gevolgtrekking word gemaak oor die klep se geometriese opening area (GOA) in vergelyking met eksperimentele toetse. Met die klep heeltemal oop, was daar slegs 'n 11% verskil tussen die berekende eksperimentele en die eindige element GOA. Digitale simulasie het bykomende inligting aan die lig gebring, soos die liggings van spanningskonsentrasies. Die eindige element resultate het redelike ooreenkomste met die in vitro resultate getoon.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )