SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.32 issue4Comparison of life cycle assessment tools in cement productionAligning industrial engineering education with industry through atomic curriculum manipulation author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    South African Journal of Industrial Engineering

    On-line version ISSN 2224-7890

    Abstract

    SCHWARZ, A. et al. Welding of additive manufactured ALSi10mg: using laser welding in a vacuum for high quality weld seams - a new approach to welding LPBF manufactured ALSi10mg. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2021, vol.32, n.4, pp.99-112. ISSN 2224-7890.  https://doi.org/10.7166/32-4-2513.

    Metaal toevoegingsvervaardiging het ontwikkel tot 'n vervaardigingstegniek wat in verskeie bedrywe gebruik word. Dit is veral die geval in baie komplekse toepassings met 'n klein produksielot soos in die lugvaart of gereedskapstuk vervaardigingsbedrywe. Een van die ernstige beperkings van laser poeierbedfusie, een van die gevestigde vervaardigingstegnieke, is die grootte van die kamer - die grootste masjien is beperk tot 'n kamer van 800 x 400 x 500 mm. Een manier om hierdie probleem op te los, is om toevoegingsvervaardigde onderdele aan mekaar vas te sweis. Alhoewel daar al bewys is dat konvensionele sweistegnieke geskik is vir laser poeierbedfusie vervaardigde onderdele, is die sweisgehalte vir AlSi10Mg onvoldoende. 'n Nuwe sweistegniek, naamlik lasersweis binne 'n vakuum, verbeter die gehalte van sweisnate, veral die porositeit. Die sweisnate wat met hierdie sweistegniek gevorm word, word in hierdie artikel getoets om hul meganiese eienskappe te bepaal. Daar word dan n oplossing om laser poeierbedfusie vervaardigde onderdele aan mekaar vas te sweis voorgehou.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )