SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.32 issue3Computerised software systems in replacement maintenance information management: a South African case studyImproved energy budgeting process using measurement and verification principles author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    South African Journal of Industrial Engineering

    On-line version ISSN 2224-7890

    Abstract

    FAIR, R. et al. Simulating the sensitivity of underground ventilation networks to fluctuating ambient conditions. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2021, vol.32, n.3, pp.42-51. ISSN 2224-7890.  https://doi.org/10.7166/32-3-2616.

    Die weer het 'n direkte impak op ventilasiestelsels, veral by groot industriële stelsels soos in gebruik in ondergrondse myne. Ondergrondse mynventilasie-stelsels het hoë koste-implikasies wat bydra tot die finansiële druk en onsekerheid van toekomstige mynbedrywighede. Die dinamiese aard van ondergrondse mynventilasiestelsels bemoeilik die voorspelling van die ondergrondse toestande met tradisionele, gestadigdetoestand metodes aansienlik. Daarom word verbeterde voorspellingsmetodes van die dinamiese ondergrondse omgewingstoestande benodig; dit mag ook die kostedoeltreffendheid van mynventilasiestelsels verseker. Hierdie artikel ondersoek die moontlikheid om die faktore wat die verandering van ondergrondse omgewingstoestande beïnvloed, te simuleer. Simulasie sagteware is toegepas in 'n gevallestudie van 'n goudmyn in Suid-Afrika. Die resultate toon dat die oorgangsgedrag gesimuleer kan word en dat dit gebruik kan word om die veranderende omgewingstoestande te voorspel.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )