SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.31 issue1A framework for an industrial engineering learning facility paradigm toward Industry 4.0Hybrid manufacturing framework to improve small to medium-sized manufacturers' flexibility to market turbulence in a multi-product environment: case study of a manual assembly line author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    South African Journal of Industrial Engineering

    On-line version ISSN 2224-7890

    Abstract

    KHAN, M.S.; M.A.A.MANSOUR; KHADAR, S.D.A.  and  MALLICK, Z.. Evaluating healthcare performance using fuzzy logic. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2020, vol.31, n.1, pp.133-143. ISSN 2224-7890.  https://doi.org/10.7166/31-1-2150.

    Die kern bepalende elemente van gesondheidsorgdienste is die pasiënt se bevrediging met die hospitaal se dienslewering. Dit sluit gedrag- en sentimentele aspekte en die gehalte en doeltreffendheid van die hospitale in. Pasiënte is soms verward en hulle menings is dikwels baie vaag. Die vae response van pasiënte dra by tot die kompleksiteit van gehalte assessering. Deur veelvuldige kriteria, onsekerheid, en kwalitatiewe faktore in te sluit maak die evaluasie van 'n gesondheidsorgverskaffer nog moeiliker. Vae response kan egter deur die wasigheidsleer gebruik word vir gehalte analise, soos om hospitale, departemente ensovoorts aan die hand van gehalte te evalueer. 'n Proefstudie is op agtien hospitale met meer as 100 beddens van stapel gestuur in 'n stad in Indië. Nege gehalte dimensies is gekies vanuit dié wat in die literatuur voorkom. 'n Meningspeiling is gebruik in verskillende afdelings van die hospitale aan die hand van die nege gehalte dimensies. Pasiënte se response op 'n vyf-punt Likert-skaal is aanvanklik statisties ontleed. Die rang van die hospitale is dan met 'n wasige analise bepaal. Hierdie resultate kan gebruik word deur gesondheidsorg diensverskaffers om hulle organisasie deurlopend te verbeter.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )