SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    South African Journal of Industrial Engineering

    On-line version ISSN 2224-7890

    Abstract

    COETZEE, R.. Towards Designing an Artefact Evaluation Strategy for Human Factors Engineering: A Lean Implementation Model Case Study. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2019, vol.30, n.3, pp.289-303. ISSN 2224-7890.  https://doi.org/10.7166/30-3-2244.

    Die toepas van wetenskaplike metodes vir die evaluering van ontwerp navorsing artefakte is noodsaaklik om die ontwerpsproses as 'n wetenskap te erken. Vorige werk in die verband is al publiseer, maar beperkte inligting en riglyne is beskikbaar. Hierdie artikel gebruik die riglyn vir evaluasie in ontwerpswetenskap en die uitgebreide aksie-ontwerp navorsingsmetode binne die ontwerpsnavorsing paradigma om 'n alternatiewe strategie te onwikkel waarmee 'n menslike faktore ingenieursartefak evalueer kan word. 'n Ander wetenskaplike metode is gebruik om 'n evaluasie episode te ontwerp vir elkeen van die uitgebreide aksie-ontwerp navorsingsmetode iterasies: (1) 'n gapingsanalise, (2) 'n sistematiese literatuurstudie, (3) 'n toegepaste tematiese analise, (4) 'n ontwerpvereiste naspeurbaarheidsmatriks en (5) die Delphi-tegniek. Die geldigheid van die navorsingsontwerp is bewys deur ontwerpswetenksap navorsingsriglyne te gebruik, aksie-ontwerp navorsingsbeginsels en 'n navorsingvalidasie matriks. Die evaluasie strategie dui aan hoe die strategiese gebruik van verskillende wetenskaplike evaluasies bygedra het tot die bepaling van die gehalte van die kennis wat die navorsingsontwerp proses gelewer het. Die studie dra by tot die veld van (menslike faktor) ingenieurswese deur n pragmatiese benadering tot die oplos van abstrakte, mense-verwante probleme in die industrie te verskaf.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )