SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    South African Journal of Industrial Engineering

    On-line version ISSN 2224-7890

    Abstract

    MAISIRI, W.; DARWISH, H.  and  VAN DYK, L.. An Investigation of Industry 4.0 Skills Requirements. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2019, vol.30, n.3, pp.90-105. ISSN 2224-7890.  https://doi.org/10.7166/30-3-2230.

    Die verskynsel van Industrie 4.0 word gedryf deur tegnologiese vordering wat beduidende verandering teweegbring. Die impak van Industrie 4.0 is oor alle industrieë waarneembaar, insluitend die onderwyssektor. Gedurende die 2019-staatsrede het die President van Suid-Afrika daarop gewys dat die regering poog om die verandering in vereistes vir vaardighede te hanteer. In hierdie artikel word 'n sistematiese literatuuroorsig uitgevoer om vas te stel wat die vereistes is vir Industrie 4.0-vaardighede in die ingenieursprofessie asook die rol van vaardigheidsontwikkeling om aan Industrie 4.0-vereistes te voldoen. 'n Ondersoek na die impak van Industrie 4.0 op tegniese instellings in teenstelling met akademiese instellings word ook bespreek. Hierdie werkstuk inkorporeer hierdie verkennende ondersoek in gedetailleerde navorsing oor 'n vaardigheidsontwikkelingstruktuur wat ten doel het om die gaping tussen vereistes vir vaardighede vir Industrie 4.0 en ontwikkeling in Suid-Afrika te oorbrug.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )