Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
South African Journal of Industrial Engineering
On-line version ISSN 2224-7890
Abstract
FRIEDENSTEIN, B.M.; CILLIERS, C. and VAN RENSBURG, J.. Simulating operational improvements on mine compressed air systems. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2018, vol.29, n.3, pp.69-81. ISSN 2224-7890. https://doi.org/10.7166/29-3-2049.
Druklug stelsels is een van die grootse energieverbruikers op myne en beslaan ongeveer 20 per sent van die totale elektriese energie verbruik van 'n myn. Navorsing toon dat hierdie druklug netwerke ondoeltreffend is. 'n Noemenswaardige vermindering in die energiekostes is moontlik deur hierdie stelsels meer doeltreffend te maak. 'n Simulasie metodologie is ontwikkel en ondersoeke is geloods oor druklug stelsels. 'n Druklug stelsel is gemodelleer en 'n voorgestelde metode van verbetering is gesimuleer, geanaliseer en gekwantifiseer. 'n Suid-Afrikaanse goudmyn is gebruik as 'n gevallestudie en die resultate toon dat, deur die lugverbruik by skuilinhamme te verminder, 'n gemiddelde vermindering van 0.9 megawatt moontlik is. Hierdie verbetering kan lei tot 'n jaarlikse besparing van R6.3 miljoen. Die studie wys hoe simulasies kan bydra tot die verbetering van die doeltreffendheid en winsgewendheid van die mynindustrie.











