SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.28 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    South African Journal of Industrial Engineering

    On-line version ISSN 2224-7890

    Abstract

    HAGEDORN-HANSEN, D.; BEZUIDENHOUT, M.B.; DIMITROV, D.M.  and  OOSTHUIZEN, G.A.. The effects of selective laser melting scan strategies on deviation of hybrid parts. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2017, vol.28, n.3, pp.200-212. ISSN 2224-7890.  https://doi.org/10.7166/28-3-1862.

    Die benutting van toevoegingsvervaardiging vir die produksie van komplekse onderdeel geometrieë in die lugvaart, mediese, en werktuig industrieë word toenemend geïnkorporeer in vervaardigingsproseskettings. Gepaardgaande hoë kostes, lang produksietye, en materiaal integriteitstekortkominge met toevoegingsvervaardiging tegnologieë soos selektiewe laser smelting veroorsaak dat die proses slegs uitvoerbaar is vir sekere toepassings. Ten einde selektiewe laser smelting produksiekoste te verminder vir geselekteerde onderdele, kan 'n kombinasie van selektiewe laser smelting en freesmasjinering geïmplementeer word. Metaal onderdele wat met so kombinasie geproduseer word, word na verwys as hibried onderdele. 'n Uitdaging in die vervaardiging van hibried onderdele is om geometriese afwyking deur skeeftrekking wat deur die proses veroorsaak word, te verminder. Hierdie artikel bespreek die effekte van verskeie laser skandeer strategieë op die afwyking van hibried onderdele. 'n Nuut ontwikkelde skandeer Strategie is eksperimenteel vergelyk met 'n kommersiële eweknie met betrekking tot skeeftrekking en porositeit. Die skeeftrekking en porositeit van die nuut uitgevonde strategie is beduidend laer.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )