SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    South African Journal of Industrial Engineering

    On-line version ISSN 2224-7890

    Abstract

    BRITS, R.  and  BEKKER, J.. A multi-objective coal inventory management model using Monte Carlo computer simulation. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2016, vol.27, n.4, pp.215-226. ISSN 2224-7890.  https://doi.org/10.7166/27-4-1560.

    Die vermoë van 'n steenkool-aangedrewe kragsentrale om sy opwekkingteikens te bereik word beïnvloed deur periodes van 'n steenkooltekort. In hierdie artikel stel ons 'n meerdoelige voorraadmodel voor om te help met die bestuur van steenkoolvoorraad. Die model is van toepassing op elektrisiteitsverskaffers met 'n netwerk van twee of meer steenkoolaangedrewe kragsentrales. Die doel is om die naby-optimale steenkoolvoorraadvlak te bepaal wat by elke kragsentrale in die netwerk gestoor moet word. 'n Monte Carlo steenkool voorraad-simulator word gebruik om stogastiese onsekerheid in die steenkoolverbruik te inkorporeer, terwyl 'n metaheuristiek die simulator gebruik as 'n beramer vir twee doelfunksies. Die metaheuristiek vind goeie waardes vir steenkoolvlakke by elke kragsentrale in die leweringsnetwerk. Die algoritme vir meerdoelige optimering met die kruis-entropie metode word voorgestel as 'n geskikte metaheuristiek. 'n Hipotetiese gevallestudie word gebruik om die voorraadmodel te valideer en optimeringsresultate te toon.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )